Search This Blog

Contact details

Outeniqua Park, George, South Africa. Tel: (044) 873-0137 Fax: (044) 873-0405 email:rugby@swdeagles.co.za

ABSA CURRIE CUP 1ST DIVISION LOG

TEAMPWPTS
Boland10946
EP Kings10942
Valke10421
Griffons10218
SWD10316
Border10316

COACH'S CORNER

Die kontrakgroep is tans met die afseisoenprogram besig. Baie aandag word aan krag en kondisionering gegee. Die groep breek op Dinsdag 13 Desember en keer terug op 4 Januarie 2012. Die spelers kry ‘n intensiewe oefenprogram wat hulle op hulle eie volg tydens die reses en word evalueer op 4 en 5 Januarie. Die voorseisoenprogram neem in aanvang op 8 Januarie en die eerste oefenwedstryd is op 16 Januarie teen die Madibas op Outeniqua Park.

Ek het baie vertroue in die groep. Die groep het vanjaar diepte en bestaan uit 34 spelers (teenoor die 22 van verlede seisoen). Die eesrte Vodacomwedstryd is op 10 Maart teen die Cheetahs in Bloemfontein. Die span word onder die leiding van die Vodacomafrigter, Eddie Myners, gebrei en daar word met groot verwagting uitgesien na ‘n goeie Vodacom en curriebekerseisoene. Die voormalige Springbokrugbyspelers, Anton Leonard en Bevin Fortuin, is onderskeidelik die voorspeler- en agterspelerafrigter van die groep en waardevolle insette word reeds deur hulle gelewer.

Saturday 7 May 2011

ONTBYT N REUSE SUKSES

Die ontbyt waar die Springbokafrigter, mnr Peter de Villiers die gasspreker was, was n reuse sukses. Verskeie plaaslike besighede het die geleentheid bygewoon, asook gewone ondersteuners en die SWD Arende span. Almal het nuwe hoop vir die Springbokke se kanse by die wereldbeker gekry.
Die Springbokafrigter het n uitstekende blik agter die skerms van die Springbokspan gegee en die gaste het beslis nuwe respek vir sy kennis en talent as afrigter gekry.
Ons wil ons dank uitspreek teenoor die gaste en besighede wat die tyd geneem het om die SWD te ondersteun en die funksie by te woon. Diegene wat die geleentheid deur hulle vingers laat glip het, het beslis n fantastiese geleentheid gemis.

No comments:

Post a Comment